Ons kan dit nie onder woorde bring nie, maar almal van ons is bang daar is iets verskriklik fout met ons. As ons die prinses was, sou die prins opdaag. As ons die dogter van `n koning was, sou hy vir ons veg. Ons kan nie help om te glo dat as ons anders was, as ons beter was, sou ons nou al wees wat ons verlang om te wees nie. Die fout mòèt by ons lê.
Ons verkies om dus muurblom te wees, onpenetreerbaar en mooi op-`n-rakkie, waar niemand ons kan pla met onbereikbare verwagtinge nie. Waar ons na hartelus kan afskilfer of netjies gesete bly om die verbygaande lewens te aanskou.
En terwyl ons daar sit, wonder ons hoe ons so oortuig geraak het dat ons siektes sonder kuur is, ons foute onverhaalbaar, hoe geen hoeveelheid geld ons selfverwyt kan terugkoop nie; dat vertroue verlore wense is.
As ons muurblomme is, hoef ons nooit in die oë gesit te word nie; nooit te begin of op te gee nie. Ons neem nie deel nie. Ons hoef niks name te onthou nie. Ons het niks (ware) vriende om teleur te stel nie. Ons hoef nie verhoudings te maak of breek nie.
Dis so gerieflik soos onsigbaarheid. Maar wat nou?